Goeie dag julle

Wanneer julle hierdie lees het ons hopelik al verder gevorder met ons budgie boerdery.

Graag wil ek myself aan julle voorstel. My naam is Anna-Marie de Villiers van die Paarl, is n baie vriendlike mens en baie Lief vir diere en natuur.

Kom ek deel met julle waarmee ek op die oomblik aan die gang is. My eerste buite voëlhok vir natuurlik – Skou Budgies.

Die liefde vir voëls kom al van jongs af. As kinders het ons het groot geword met Budgies, Kokketiele en Kakkarikies, wat ons ook self hand-grootgemaak het (dit was baie pret) by my ouer huis.

Nou dat ons in ons eie huis is het ek besef iets is missing en dit was my Voëls, wel toe maak ons plan en begin ons eie buite voëlhok bou.

Die belangrikste is dit: waar jy jou voëlhok wil opsit moet nie te warm wees in die somer of te koud in die winter en kyk maar dat jy iets op die bodem/vloer sit dat die viervoetigs (muise/rotte ens) nie kan in en jou voëls steur of siektes kan aan dra nie.

 

Area waar die hok gaan staan. Bestaande stukture altyd waardevol om kostes te bespaar.

hok staan

Pavers in plek – vloer reg

VLoer reg

Om in idea te gee waaruit my hok bestaan:

Vir die raam werk:                square tubing 25mm x 25mm x1.6mm

Grond bedekkiing:               450 x 450 pavers

Dak:                                        PVR Sinkplate

Draad:                                    Galvanize Mesh 25mm x 12.5mm

hok bou hok

Dis n familie hobby! My man sterk besig met hok bou.

 

Groete

 

Anna-Marie

 

(Is hierdie nie n wonderlike storie nie? Fantasties om te lees van iemand wat begin met budgies. Ons wag in spanning totdat Anna-Marie ons weer kan opdateer oor hoe hulle vorder. Johan Lucas)

 

Die hok in sy plek – 26 Desember 2014 – amper klaar

1 2 3

 

 

Leave a Comment